Hoofstuk 25

 

Die doop van Johannes en die Heilige Gees:

(Terug na Inhoud)

Jesus gee die opdrag aan ons in Mat 28:19, om dissipels vir Hom te gaan maak en hulle dan in die drie Eenheid te doop.

Ons kry die Heilige doop en die Ware doop, wat is die verskil?

Doop beteken baptise of babto wat afwassing van iets met water, reiniging, sprinkel, gieting d.m.v. water. So het ons dan ook die sakrament, die Heilige doop wat ons in die kerk toepas. Hierdie is 'n simbool en bevestiging van dit wat reeds plaasgevind het.

Definisie van 'n sakrament: Is ;n sigbare teken deur Christus ingestel om die mens Sy beloftes van genade te waarborg en om dit beter te laat verstaan en te onderhou.

Ons sien dat ons die evangelie, aan almal moet gaan verkondig. Mark 16:15-16 "Vers 15 En Hy het vir hulle gesê: Gaan die hele wêreld in en verkondig die evangelie aan die ganse mensdom. Vers 16 Hy wat glo en hom laat doop, sal gered word; maar hy wat nie glo nie, sal veroordeel word." Hierdie mensdom beteken in engels “and preach the Gospel to every creature" wat skepsel beteken.

Daar is dan 3 dinge van die doop:

  • Dit is 'n Heilige teken en seël deur God in die kerk ingestel - 'n insetting.
  • Dit is 'n waarborg vir saligheid en vergifnis van sonde.
  • Dit is 'n geestelike reiniging.

 

Mark 1:4 "Johannes het gekom en was besig om in die woestyn te doop en die doop van bekering tot vergifnis van sondes te verkondig." So gaan ons almal dan deur die doop van Johannes die doop wat ook 'n uitwendige teken is vir die inwendige was. Die doel van die Johannes doop is om die koms van Christus voor te berei, in my lewe, ook is dit om Christus aan die wêreld te gaan openbaar, bekend maak net soos Johannes dit doen in verse 1-3 "1 ¶ Die begin van die evangelie van Jesus Christus, die Seun van God. Vers 2 Soos geskrywe is in die Profete: Kyk, Ek stuur my boodskapper voor u aangesig, wat u pad voor U uit sal regmaak-- vers 3 die stem van een wat roep in die woestyn: Berei die weg van die Here, maak sy paaie reguit!” So doen ek en u dan ook wanneer ons die getuienis werk gaan verrig. Maar ons lees in afrikaans dat hy dit doen in die woestyn maar in engels lees dit" the voice of one crying in the wildernis prepare ye the way of the Lord, makes his path straight" en hierdie "wilderness" beteken woesterny, woes, wild, onbeskaafd, onbewerk en onbewoon.

God het ook 'n ander doel met die doop want Hy sê in 2Kor 11:2 " Want ek is jaloers oor julle met 'n goddelike jaloersheid, want ek het julle aan een man verbind, om julle as 'n reine maagd aan Christus voor te stel." m.a.w. om ons geestelik skoon, rein en maagdelik (virgin) te kry sodat ons deel kan uitmaak van die sielebruid van Christus. Maar nie alleen dit nie, Hy wil ook in ons kom woon, Jak 1:21 " Daarom, doen afstand van alle vuiligheid en oorvloed van boosheid, en ontvang met sagmoedigheid die ingeplante woord, wat in staat is om julle siele te red. Vers 22 En word daders van die woord en nie net hoorders wat julleself bedrieg nie." lees gerus ook die verse 23-27.

Hierdie ingeplante woord, is die evangelie, die lewende water wat in ons moet wees om ons daardeur gereinig te hou. Joh 7: 38 " Hy wat in My glo, soos die Skrif sê: strome van lewende water sal uit sy binneste vloei." Dan sien ons dat die Sonvloed van Noag ook verband hou met die doop want in 1Pet 3:20-21 sê dit; "20 wat eertyds ongehoorsaam was toe die lankmoedigheid van God een maal gewag het in die dae van Noag, onderwyl die ark gereed gemaak is, waarin weinig, dit is agt, siele deur water heen gered is; vers 21 ¶ waarvan die teëbeeld, die doop, ons nou ook red, nie as 'n aflegging van die vuilheid van die vlees nie, maar as 'n bede tot God om 'n goeie gewete--deur die opstanding van Jesus Christus".

Kom ons vra die vraag, wat beteken dit om in die dire eenheid gedoop te word?

Mat 3:11 " Ek doop julle wel met water tot bekering; maar Hy wat ná my kom, is sterker as ek, wie se skoene ek nie waardig is om aan te dra nie. Hy sal julle doop met die Heilige Gees en met vuur." Vra jou dan nou verder, het jy al enige iemand, in die kerk of andersens gesien wat met vuur gedoop word? Ons moet dit sekerlik ook deelagtig word, want dit is dan die doop van Christus. 1Kor 12:13 "Want ons is almal ook deur een Gees gedoop tot een liggaam, of ons Jode of Grieke is, slawe of vrymanne; en ons is almal van een Gees deurdronge" Ja, ons word dan ook gedoop om aan een liggaam te kan behoort, die liggaam van Christus, die kerk. Deut 4:24 sê dan uitdruklik wat die doop van God behels en " Want die HERE jou God is 'n verterende vuur, 'n jaloerse God." God is 'n verterende vuur, die vuur waarmee ons gereinig moet word en die doop met vuur is ook om gedoop te word met die Heilige Gees wat dan ook die doop van Christus is. Ons lees in die skrifte dat die Heilige Gees is ook asem, wind en Gees. Lees nou Joh 20:22 " En nadat Hy dit gesê het, blaas Hy op hulle en sê vir hulle: Ontvang die Heilige Gees.".

Ons sien dat hierdie doop ook gepaart gaan met die wedergeboorte proses, Titus 3:5 "nie op grond van die werke van geregtigheid wat ons gedoen het nie, maar na sy barmhartigheid het Hy ons gered deur die bad van die wedergeboorte en die vernuwing deur die Heilige Gees vers 6 wat Hy ryklik uitgestort het op ons deur Jesus Christus, ons Verlosser;" Kom ons beweeg nou nader aan die proses van die wedergeboorte en die doop, wat hand aan hand gaan. Spr 18:4 “Die woorde van 'n man se mond is diep waters, 'n stroom wat bruis, 'n fontein van wysheid." Hou ingedagte dat ons gedoop word en self gaan doop soos Johannes, in die eerste plek. En in die proses sal ons ook gedoop word met Christus se doop wat die doop is met die Heilige Gees en vuur. Jer 5:14 " Daarom, so sê die HERE, die God van die leërskare: Omdat julle hierdie woord spreek, kyk, Ek maak my woorde in jou mond 'n vuur en hierdie volk hout, en dit sal hulle verteer." Ja, hierdie woorde in 'n man se mond is ook 'n vuur, die vuur van God, God is 'n verterende vuur en die Woord is ook God en daarmee word die reiniging gedoen deur die vuur, die woorde, al die onsuiwerhede en drek in my gedagtes vernietig, verbrand, louter soos goud. Nou kry ons dat God sê dat ons die sout is van die aarde, die verstand en gewete van die mens in Mat 5:13 "Julle is die sout van die aarde, maar as die sout laf geword het, waarmee sal dit gesout word? Dit deug nêrens meer voor as om buite gegooi en deur die mense vertrap te word nie." Waarom sout? Wat het dit met die doop te doen? Die funksie van sout is om smaak te gee, nou is dit so dat die woord, skrifte en die uitlegging daarvan nie altyd vir die wêreld so lekker aanvaarbaar is nie, nou bring ons dit vir hulle met 'n bietjie sout, m.a.w. ons gee 'n bietjie smaak daaraan sodat dit makliker aanvaarbaar sal wees. Egter moet ons ook oppas dat hierdie sout nie laf word nie want dan sal dit ook nie sy doel dien nie soos in Mark 9:50 " Die sout is goed, maar as die sout souteloos word, waarmee sal julle dit smaaklik maak? Julle moet sout in julle hê en vrede hou met mekaar." Daar is ook dan 'n oplossing vir indien dit sou gebeur want vers 49 sê " Want elkeen sal met vuur gesout word en elke offerande sal met sout gesout word.", so dien hierdie vuur dan ook as sout, die vuurigheid waarmee ek die taak aanpak en nie met 'n halfhartige poging nie, hierdie sout is dan ook die Heilige Gees, wat ook die vuur en wat ook God is.

Wat is dit wat ons dan onrein maak?

Onthou hierdie onreinheid is in my gedagtes, ek moet my gewete en verstand skoon kry en nie my natuurlike liggaam nie. Mark 7: 15, 20-23 " vers 15 Daar is niks wat van buite af in die mens ingaan wat hom onrein kan maak nie; maar die dinge wat van hom uitgaan, dít is die dinge wat die mens onrein maak. Vers 20 En Hy sê: Wat uit die mens uitgaan, dit maak die mens onrein. Vers 21 Want van binne, uit die hart van die mense, kom die slegte gedagtes, egbreuk, hoerery, moord, vers 22 diewery, hebsug, boosheid, bedrog, losbandigheid, afguns, lastering, hoogmoed, dwaasheid. Vers 23 Al hierdie booshede kom van binne uit en maak die mens onrein."`

U kan nou oorgaan na die vuur sodat ons die verklaring daarvan kan kry sodat ons die wedergeboorte daarna kan bespreek. Kliek op die blou gedeelte on na God is 'n Verterende Vuur te beweeg.

( Terug na Bo )